You are currently viewing Moratorium op die heropening van Kaapse sinagoges

Moratorium op die heropening van Kaapse sinagoges

05 Junie 2020 (13 Sivan 5780)
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

 

Gardens, Kaapstad, Vrydag 5 Junie — Vanoggend het Rael Kaimowitz, voorsitter van die
Kaapse Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes, met beide die ortodokse en
progressiewe rabbynse rade en hul sinagoges se rade vergader om die moontlike
heropening van Kaapse sinagoges te bespreek.

Na hewige bespreking is daar op ‘n moratorium tot 16 Junie besluit. Beide ortodokse en
progressiewe sinagoges in die Kaap sal nie op hierdie stadium heropen nie. Die saak sal
verder redeneer word deur die loop van volgende week, waar die bogenoemde rade,
mediese kenners en ander belanghebbendes se bydrae in ag geneem sal word. Die
volgende vergadering is vir 11 Junie geskeduleer.

Dit is vir ons van kritiek belang dat sinagoges in die Wes-Kaap ‘n balans tref tussen wat die
regeringskoerant voorskryf en die lewens en welstand van ons gemeenskap rakende
heropening.

As jy hierdie persverklaring wil aanhaal, haal vir Stuart Diamond, Uitvoerende Direkteur, Kaapse
Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes aan.

 

Issued by Mathilde Myburgh, Communications, Cape SAJBD
Phone: 021 464 6700
Email: mathilde@ctjc.co.za

Mathilde Myburgh

As a Communications Specialist, Mathilde brings seven years of experience in print and digital media, research and communication to the team, bridging the gaps between relevant content, community reach and growth, and public relations.

Leave a Reply